• 5min video van Willemsrivier se bedrywighede

    Die video is gemaak deur Henlo van Vrededal gedurende die blomseisoen van 2022. Die mense van Willemsrivier speel daarin en al die werksaamhede word gewys. Geniet dit!

Mense by Willemsrivier

Die huidige boer van die plaas is Arend en hy is die 7de geslag by Willemsrivier. Ons seun Theunis het die Slaghuis en Drankwinkel in die dorp en is die 8ste geslag. Theunis-hul se seuntjie, ook genoem Arend, is die 9de geslag op die plaas. Arend se ma, Lulu Kotze woon ook nog op die plaas.

Ontmoet die Span

Huiswerkers

Ons het 'n paar baie lojale en harde huiswerkers wat die gastehuisies skoonmaak.

Dit is die huiswerkers wat ons gaste gelukkig hou!

Plaaswerkers

Die plaaswerkers werk ongelooflik hard en is baie lojaal.

Die plaaswerkers kyk na die skape en plant ook grane en rooibostee.