• Waar Natuur en Nostalgie Saamkom
    Waar Natuur en Nostalgie Saamkom

    Willemsrivier is 'n werkende skaapboerdery en bied rustieke, basiese, ongesofistikeerde, primitiewe plaasstyl, historiese en nostalgiese, natuurliefhebbende selfsorgverblyf (not serviced, geen lugversorging, geen TV), slegs 4 km van Nieuwoudtville, 365 dae van die jaar. WiFi en ligte werk tydens beurtkrag! Off the grid camping by WILD@WILLEMSRIVIER.

Gesinsvriendelike plaasverblyf in die Noord-Kaap

Willemsrivier is meer as net ’n plaas, ook ’n historiese baken. Verryk jouself met geskiedenis, natuur en nostalgie. Verwag die tipiese warm gasvryheid van die mense van Nieuwoudtville en verlustig jouself aan die ryk en soms komiese geskiedenis van hierdie unieke plaas. Meer as 20 kamers in karaktervolle huisies, geleë slegs 4 km van Nieuwoudtville, spesiaal vir daardie rustigheid en gemak wat jy verdien. WiFi en ligte werk tydens beurtkrag. Off the grid kampering WILD@WILLEMSRIVIER geen ablusie.

Wat ons gaste sê...

  • Dit is DIE plek om te wees! Moenie dit mis nie, probeer dit en jy sal geseënd wees met vrede. 'n Ware plaaservaring.

    Dawid Van der Westhuizen

    Google Reviews

  • Baie vriendelike ontvangs. Groot ou huis, lekker binnebraai. Middel van nêrens, wat wonderlik is.

    Erhardt De Kock

    Google Reviews

  • Perfekte plekkie vir 'n verblyf in Nieuwoudville. Die fasiliteite is skoon en knus. Alles wat u nodig het. Pragtige omgewing en die gasvrou Erika is so vriendelik en kundig oor die omgewing. Dit is 'n moet besoek!

    Simone Tyers

    Google Reviews